Medaljes vir skopboksers

Written by Midweek. Posted in Sport

Skopboksers het aan die Great North 2-toernooi op Benoni deelgeneem en puik presteer. Dit het op 31 Augustus plaasgevind.

Tane de Beer verower silwer in ligte kontak vir o/76kg snr vroue, Hardus du Plessis verower brons in “Kick-light” vir o/28kg jnr seuns. PC Swanepoel wen goud in “Kick-light”, silwer in semi-kontak en brons in ligte kontak vir o/37kg jnr seuns, Remona Pollard wen goud in ligte kontak en silwer in semi-kontak vir o/76kg snr vroue. Die klub oefen Maandae en Woensdae van 19:00-20:00. Skakel Sensei Charl Pretorius by 084 511 2779.

UA-34820896-1