Speke sing by Carnival City

Written by Midweek. Posted in Sport

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die jaarlikse Carnival Macsteel Classic-fietswedren het op 26 Oktober in Brakpan oor ‘n afstand van 110km plaasgevind.

Egon Campbell het sy verskyning gemaak op ‘n tandem vir die eerste keer in 5 jaar. Hy en sy spanmaat, Massimo Guilielmi, het saamgery.

Willie Buser van Klerksdorp was ook daar op ‘n tandem saam met sy spanmaat, Dewald Malan.

Egon en Massimo het op 40km weggebreek en die res van die 70km alleen gery en met ‘n gemaklike tyd van 4min voor die tweede tandem klaargemaak.

Buser en Malan was in die 2de plek.

Dusty Day van Klerksdorp was vierde in die elite afdeling.

UA-34820896-1