DORWO vroue kuier tussen verfkwaste
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Dorwo VLU vroue het die koue trotseer en op 14 Junie “Die Pottery Café” in Potchefstroom besoek. Die vroue van die Café het die voorbereiding en verskilllende verftegnieke van artikels aan die vroue verduidelik, en daarna het die verfkwaste behoorlik gewerk om artikels wat gekies is, te verf. Tussen die verfwerk deur, is daar heerlik gekuier en koffie en tee gedrink.