Ongeluk op Biesiesvleipad

Written by liesl. Posted in Jongste Nuus

Die VW Polo was die aand van 8 Januarie 2018 tussen 11:30 en 12:00 in ‘n ongeluk betrokke met ‘n vragmotor wat ‘n U-draai gemaak het op die Biesiesvleipad ongeveer 2 km vanaf die treinspoor buite Lichtenburg, waarna die vragmotor die motor ‘n afstand gesleep het en die toneel verlaat het.

Twee persone is ernstig beseer in die voorval. Daar is ook onderdele van die vragmotor op die toneel gevind. Enige persoon wie inligting rakende die voorval het of moontlik die ongeluk gesien gebeur het – skakel asseblief met Inspekteur Willie Northman 078 802 1546 of Dawie Swanepoel 084 763 2533. Enige inligting kan en sal opgevolg word!

UA-34826928-1