Betogers saai verwoesting in Ottosdal

Written by Zandre. Posted in Jongste Nuus

Omstreeks 09:00 op Woensdag, 10 Julie 2019 het honderde betogers die hoofstraat van Ottosdal ingevaar, paaie versper en hul misnoeë ten toon gestel deur bande te brand en uiteindelik die Munisipale geboue en brandweerkantoor aan die brand te steek! Op die foto’s kan gesien word hoe die munisipale gebou brand en hoe dit na die brand daaruit sien – dit is grootliks daarmee heen. 

Hulle is blykbaar ontevrede oor salarisse wat nog nie aan werknemers betaal is nie, swak/geen dienslewering en hulle soek werk. Feitlik geen dienste word meer in Ottosdal of omliggende dorpe gelewer nie. Na wat verneem word is ‘n nuwe vullistrok wat deur ‘n onderneming geskenk is, ‘n vragmotor asook ‘n trekker en nog eiendom van die Ottosdal Munisipaliteit aan die brand gesteek. Die polisie was op die toneel en  agttien mense is in hegtenis geneem vir brandstigting en openbare geweld. Lesers kan ‘n video oor die voorval op ons webtuiste kyk: http://bit.ly/munisipaliteitbrand

Lees meer in ons 12 Julie 2019 weergawe.