Vat hande en ondersteun dié plaaslike besighede

Written by Zandre. Posted in Jongste Nuus

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Ondersteun plaaslike kleiner besighede! Adverteerders van kleiner ondernemings wat die behoefte het aan plaaslike ondersteuning kan  op ‘n bladsy in die Noordwester ‘n spasie van 10 cm x 6 cm koop vir R200, plus btw. Die advertensies is nie vir groot ondernemings nie, maar meestal vir eenmansake wat op hul beskeie manier ook ‘n bydrae lewer aan ons plaaslike ekonomie. Gewoonlik is hierdie ondernemings eerste in die ry wanneer dit by borgskappe vir skole en sportspanne kom, maar hulle kan nie meeding met die groot handelsname wanneer dit kom by advertensiespasie koop nie.
Om die volle storie te lees, kyk na ons 18 November 2021 uitgawe