Klein dorpie met omgee-harte

Written by liesl. Posted in Jongste Nuus

NOORDWESTER – COLIGNY - Coligny, ‘n klein dorpie in die Noordwes Provinsie is nie net ‘n Treurfontein-dorpie nie, maar ‘n dorpie met mense met omgee-harte. Verskeie projekte is geloods die afgelope tyd onder leiding van ‘n groep dames van Coligny onder andere die Spekboom-, Skoonmaak van middelmanne asook die Bome van Hoop-projek.

Die laaste projek was die Najaarsrus projek en geloods deur Elna Barnardt en Elize van Scharrel. Saam het die twee die wiele laat rol, albei van hulle altyd op ‘n drafstappie. Elke personeellid het ‘n broek ontvang wat deel uitmaak van hul uniform. Geld was ingesamel vir materiaal en Hestertjie Hechter, ‘n groot steunpilaar het al die broeke gemaak. Met fondse wat oor was is ‘n behoefte aan waslappies geïdentifiseer, materiaal is aangeskaf en waslappies is gemaak. Daar is ook seep aangekoop en aan Najaarsrus geskenk.
Najaarsrus-personeel is die trots van die dorp. Dankie aan elkeen se onbaatsugtige versorging van ons bejaardes! ‘n Woord van dank aan elkeen wat bygedra het tot hierdie projek en daarvan ‘n groot sukses gemaak het.
‘n Woord van dank aan al die donateurs: Dawid en Liza Maree, Jaco en Denise Pretorius, Adéle van Tonder, Elna Barnardt, Elize van Scharrel, Lucy Brits, Hannelie Jacobs, Linda de Swart, Martie Schlebusch, Hantie Rall, Veronica Kruger en Lizl Badenhorst sonder wie hierdie projekte nie moontlik sou wees nie.