Inwoners werk saam vir gemeenskapsbasaar

Written by liesl. Posted in Jongste Nuus

NOORDWESTER – COLIGNY - Op 18 Desember 2021 het die gemeenskap van Coligny saamgestaan en ‘n gemeenskapsbasaar gehou op die terrein van die OK Bazaar. Die inisiatief was geneem ter stuiwing van die Gemeenskapsfonds van Coligny wat aangewend word vir die onderhoud van die water en krag in die dorp.

‘n Vrolike klomp mense het van vroeg af die stalletjies beman, wat onder meer vetkoek en maalvleis, pannekoek en worsbroodjies verkoop het. Koffie en beskuitjies is mildelik uitgedeel om die koeligheid in toom te hou en ook ‘n wit-olifanttafel het besigheid gedoen. Die Koektafel het soos altyd baie aftrek gekry.
‘n Woord van dank aan almal wat bygedra het om ook van hierdie poging ‘n sukses te kon maak. Verskeie mense het vrywillige skenkings gemaak, ander het deur die dag ondersteun met aankope by die stalletjies. Sonder elkeen van julle sou dit nie so ‘n lekker dag gewees het nie, al het die reëntjie aan die einde almal laat skarrel vir ‘n reënjas of sambreel!
Inwoners van Coligny – namens die Basaarkomitee, baie dankie. Julle het weereens bewys dat julle kan saamstaan en dinge kan laat gebeur. Ons maak binnekort weer so!