Suksesse tydens feesseisoen

Written by liesl. Posted in Jongste Nuus

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Kolonel Willem Bekeer, stasiebevelvoerder van die SAPD op Lichtenburg sê die afgelope twee maande (Desember en Januarie) was ‘n uitdagende tydperk omdat misdaad skerp toegeneem het, maar die manne en vroue in blou het nie teruggestaan nie.

Arrestasies wat in die tyd gemaak is: een vir moord, 67 aanrandings, 7 inbrake, 6 veediefstal, 2 verkragtings, 17 opsetlike saakbeskadiging, 12 diefstal, 48 vir dwelms, 12 vir winkeldiefstal, 12 vir dronk in die openbaar, 11 vir roof, 4 vir onwettige besit van vuurwapen, een vir besit van gevaarlike wapens, 11 vir onwettige drankverkope en 12 ongedokumenteerde persone. Kolonel Bekeer bedank die gemeenskap en al die lede van Lichtenburg SAPD vir die goeie dienste gelewer onder moeilike omstandighede.