Kultuurnetwerk vir Lichtenburg gestig

Written by liesl. Posted in Jongste Nuus

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die FAK het die afgelope week besoek afgelê in Lichtenburg om ‘n paar van die Afrikanergedenkwaardighede te evalueer en te bepaal waar dringende aandag nodig is.

Daar is reeds baie skade aangerig aan sommige van die bakens, soos die De la Rey standbeeld, die ABO-Burgermonument, die gedenkmuur van die Ossewatrek, die Voortrekkermonument, asook die plaaslike museums.
Daar is bevind dat die museums ly onder finansiële druk en ‘n gebrek aan ondersteuning van die plaaslike owerhede.
Volgens Barry Müller, kultuurorganiseerder van die FAK, is die dorp ryk aan erfenisskatte en is dit nodig vir die gemeenskap om saam te kom tot die beskerming en behoud daarvan.
Maandagaand is ‘n nuwe Kultuurnetwerk in Lichtenburg gestig nadat verskeie organisasies soos die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie, VF Plus, NWU, die Noordwester, die Lichtenburg Geloftefees, Laerskole Lichtenburg en Burgersdorp en ook die CVO Skool in gesprek getree het.
Tydens hierdie byeenkoms was dit duidelik dat Lichtenburg se mense gereed is om ‘n verskil te maak en dat hulle gerat is om saam na ‘n gemeenskaplike doel te werk.
Word deel van die verskil wat jy wil sien in jou gemeenskap deur betrokke te raak by jou plaaslike FAK-Kultuurnetwerk. Vir enige navrae, kontak vir Barry by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..