Lichtenburg Landbank tak vier Mandela Dag

Posted in Gemeenskap

Ter viering van Mandela dag het die Lichtenburg Tak van Landbank dit goedgedink om noodsaaklike kruideniersware, gas en elektrisiteit aan Hospice in Boikhutso te skenk. Met die oorhandiging daarvan was die personeel van Landbank en die bestuur van Hospice teenwoordig.