Dorpsgebied nou industriële gebied?

Posted in Briewe

Die Redakteur,

Dit wil nou werklik voorkom asof 9de Laan nou verander het na ‘n industriële gebied!

Daar is net groot vragmotors waar jy kyk op die straat en so ver ons inwoners se kennis strek, mag hulle nie eers op of in daardie straat wees nie.

Dit is egter nie al nie….die vragmotors word ook daar gewas dat die strome water in die straat afloop tot in 1ste Straat…..die gevolg?..water waar jy kyk!

Alle werksaamhede word vanaf die huis gedoen! (met swaar/ekstra swaar voertuie).

Die vraag kan tereg gevra word…..wat doen ons verkeersdepartement/beamptes daaromtrent?

Vir wie of wat is die wet op padverkeer/munisipale regulasies bedoel?

Ek vra maar net.

Sleepwa herrie – polisie trek skouers op

Posted in Briewe

Die Redakteur

Hier sit ek Vrydagaand 9 Desember in my bakkie voor my sleepwa wat onwettiglik in besit van Bennie Thorpe is.

Hy het 2 keer van te vore op bedrieglike wyse sleepwaens by my laat huur en dan daarmee verdwyn. Ek het ook die plaaslike polisie hier gehad vir twee ure lank.

Hulle beweer hulle kan niks doen nie en laat dit net so. Dit was ‘n week gelede deur Potgieter gehuur om ‘n voertuig te gaan haal. Hy het dit toe aan Thorpe geleen en elke dag sou die sleepwa more terugkom.

Nou is hier myntoerusting op die wa, totaal oorlaai! Thorpe beweer dit moet more Slurry/Johannesburg/Kuruman toe gaan. Kan skynbaar nie mooi onthou waarheen nie.

Deon Viljoen.

Diefstal by die Begraafplaas

Posted in Briewe

Die Redakteur,

Woorde ontgaan my oor die aspek, die feit dat mense so blatant en gevoelloos kan wees.

Ek behartig ‘n tuindiens in Lichtenburg en deel van die dienste wat ons verskaf is die onderhouding van grafte by die begraafplaas.

Met die verloop van tyd was ‘n paar van die grafte reeds deur rowers geplunder, potte en blomme is gesteel en die privaatheid van die familie is net dood eenvoudig nie in ag geneem nie.

Na afloop van die naweek was ek self die teiken van so ‘n diefstal. My man is in Julie oorlede en tussen Saterdagmiddag en vanoggend, het die rowers ook die potte by my man se graf gesteel.

Emosioneel is dood opsigself ‘n moelike ding om te hanteer en die enigste vertroosting is tans die graf wat jy kan besoek om net so effe nader aan jou geliefde te voel. Die angs as jy by die graf kom en iemand het die vermetelheid gehad om selfs daardie “secret space” te betree en oortree is iets wat nie in woorde gestel kan word nie.

Ek besef ek is nie die enigste een wat hierdeur geraak is nie, en daarom wil ek graag die kwessie onder die publiek se aandag bring…genoeg is nou genoeg!

Rina.

UA-34826928-1