Dorpskliniek – wat gaan aan?

Posted in Briewe

Die Redakteur, Noordwester.
Wat gaan aan by ons Dorpskliniek? Besigheidsure op die ingangsdeur wys 07:45 tot 16:00.

Ons was sowat 8 pasiënte wat al vanaf 14:30 op die ry stoele gesit het om ons leers te kry vir die maandeliksemedikasie, toe word ons om 15:10 meegedeel deur ‘n personeellid dat ons asseblief die volgende oggend moet terug kom , want hulle help ons nie na 15:00 nie.

Ons het keel opgesit en gesê ons was al 14:30 in die kliniek en op die stoele.

Die personeel wil niks weet nie en ons moes loop en ander planne maak om weer op ‘n ander dag terug te kom.

Dis onaanvaarbaar, regtig!
Onvergenoegde Pasiënt.