Waterfees nie vir die gesin nie!!

Posted in Briewe

Die Redakteur, - Noordwester.

Stap ek en my gesinnetjie doodluiters in die straat af met die doel om sommer vinnig ook by die Waterfees ‘n draai te stap, miskien ‘n kossie of twee te kry en moontlik ook die kroning van die Mej Waterfees te sien plaasvind.

Toe die persoon wat die toegang beheer vir my vertel ek moet R160 vir my vroutjie en gesinnetjie betaal, het ons kortom ‘n u-draai gemaak en doodluiters weggestap. Die doel is mos nie dat ons as besoekers ons nerwe moet af betaal om besoek af te lê nie - die stalletjies betaal mos ten duurste vir hulle uitstalruime, hoekom dan dubbeld belas?

Onthou asseblief dat ek as besoeker vir my ietsie daar gaan koop en dat ek verwag dat die gerief vir my geskep moet word. Die stalletjie-eienaar betaal mos ten duurste vir sy stalletjie, nou moet ek ook nog help subsidieër deur per voetstap te betaal?

Bietjie bla en bietjie kla, ek stel nie belang nie en is klaar met die sogenaamde waterfees wat nou net in ‘n vlooimark ontwikkel het……….gesien al die vlooimarkstalletjies by die hek!

Groot Jammerte!