Diefstal by die Begraafplaas

Posted in Briewe

Die Redakteur,

Woorde ontgaan my oor die aspek, die feit dat mense so blatant en gevoelloos kan wees.

Ek behartig ‘n tuindiens in Lichtenburg en deel van die dienste wat ons verskaf is die onderhouding van grafte by die begraafplaas.

Met die verloop van tyd was ‘n paar van die grafte reeds deur rowers geplunder, potte en blomme is gesteel en die privaatheid van die familie is net dood eenvoudig nie in ag geneem nie.

Na afloop van die naweek was ek self die teiken van so ‘n diefstal. My man is in Julie oorlede en tussen Saterdagmiddag en vanoggend, het die rowers ook die potte by my man se graf gesteel.

Emosioneel is dood opsigself ‘n moelike ding om te hanteer en die enigste vertroosting is tans die graf wat jy kan besoek om net so effe nader aan jou geliefde te voel. Die angs as jy by die graf kom en iemand het die vermetelheid gehad om selfs daardie “secret space” te betree en oortree is iets wat nie in woorde gestel kan word nie.

Ek besef ek is nie die enigste een wat hierdeur geraak is nie, en daarom wil ek graag die kwessie onder die publiek se aandag bring…genoeg is nou genoeg!

Rina.