Sleepwa herrie – polisie trek skouers op

Posted in Briewe

Die Redakteur

Hier sit ek Vrydagaand 9 Desember in my bakkie voor my sleepwa wat onwettiglik in besit van Bennie Thorpe is.

Hy het 2 keer van te vore op bedrieglike wyse sleepwaens by my laat huur en dan daarmee verdwyn. Ek het ook die plaaslike polisie hier gehad vir twee ure lank.

Hulle beweer hulle kan niks doen nie en laat dit net so. Dit was ‘n week gelede deur Potgieter gehuur om ‘n voertuig te gaan haal. Hy het dit toe aan Thorpe geleen en elke dag sou die sleepwa more terugkom.

Nou is hier myntoerusting op die wa, totaal oorlaai! Thorpe beweer dit moet more Slurry/Johannesburg/Kuruman toe gaan. Kan skynbaar nie mooi onthou waarheen nie.

Deon Viljoen.