Hart-en-Hande wil graag dankie sê

Posted in Skole

Hart-en-Hande wil graag dankie sê aan al die leerlinge van Hoërskool Lichtenburg en die hele gemeenskap van Lichtenburg vir ‘n ongelooflik geseënde jaar. Almal se oop harte het dit vir hul moontlik gemaak om ‘n groot verskil in mense se lewens te kon maak met al die skenkings reg deur die jaar. Hulle wil graag vir 4Wheels Lichtenburg dankie sê vir die oulike karretjie wat hul aan Hart-en Hande beskikbaar gestel het om hul werk mee te verrig!