Barco Botha was vanaf graad 1 tot graad 12 nie ‘n enkele dag afwesig nie

Posted in Skole

Barco Botha was vanjaar ‘n graad 12 leerder aan Hoërskool Lichtenburg en was gedurende sy hele skoolloopbaan vanaf graad 1 tot graad 12 nie ‘n enkele dag afwesig nie!

Wat ‘n uitsonderlike prestasie,…Genade en deursettingsvermoë is nodig om dit reg te kry. Hy is die seun van ds. Ben Botha en dr. Hannelie Theart. Hartlik geluk Barco!