GPF fokus op die jeug

Posted in Skole

Die Lichtenburg se Gemeenskapspolisiëringsforum het ‘n spesiale sokkerwedstryd met 13- tot 15-jarige seuns van Blydeville gereël vir eerskomende Saterdag, 7 Maart.

Die gedagte rondom die uitreikaksie is om die jeug te ondersteun met sport omdat hulle fisies gesond moet wees maar ook om tydens die geleentheid met hulle te kommunikeer oor hul rol in die gemeenskap. Op die foto is mnr. Ditebane, voorsitter van die GPF saam met die span.