Lichies gekies vir distrikspan

Posted in Skole

14 atlete van Laerskool Lichtenburg is ingesluit in die distrikspan wat op 4 Maart aan die Noordwes-atletiekkampioenskappe in Potchefstroom gaan deelneem.

Hulle is voor Lea-marie van den Berg, Suné van Niekerk, Jayden Adams, Juwan van Tonder, Zander Karsten, Shani Lourens en Jessica Seymore. Agter staan Emma Schulenburg, Elzaan Daly, Lawrenzo Dyers, Evan Herbst, JW Pretorius, Emari Conradie en Letonya Layte.