Reitzweek lewer talle hoogtepunte op

Posted in Skole

Dié span het Noordwes se naam hoog gehou! Op die foto voor: H Strydom, J Brink (afrigter), J vd Berg (o/kaptein), J Geldenhuys (Spanbestuurder), M vd Venter (kaptein), G Coetzee (afrigter) en A Naude. Middel: LJ Mulder, J Lombaard, C Fourie, JW Lazenby, K Visser, P Fourie, W vd Merwe, J du Plooy, CJ Steyn en CJ van Heerden. Agter:  R Saaiman, DJ Bloem, L Kay, D vd Berg, A vd Berg, P Bezuidenhout, DW Vorster, Q Smit, WP Einkamere en Tom Fouché.NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die afgelope Reitz-week het plaasgevind vanaf 28 Junie tot 3 Julie en die Luiperds Plattelandspan het die streek verteenwoordig. Die span het bestaan uit spelers van die volgende hoërskole: Vryburg, Christiana, Zeerust, Koster, Schweizer Reneke, Orkney, Ferdinand Postma, Lichtenburg, Stella en Sannieshof en is afgerig deur mnre J Brink en G Coetzee. Die spanbestuurder was J Geldenhuys en elke span het drie wedstryde gespeel.

Om die volle storie te lees, kyk na ons  24 Julie 2015 uitgawe

Leerling van Hoërskool Lichtenburg in die O/17 Noordwes Netbalspan

Posted in Skole

Rozaanè Gouws, 17 jarige leerling van Hoërskool Lichtenburg gaan vanaf Julie 12-16 as speler in die O/17 Noordwes Netbalspan, deelneem aan die Rhino Tournament te Vereeniging. Hierdie talentvolle dame speel al netbal sedert haar laerskool dae en geniet elke oomblik daarvan. Sy het reeds as Graad 6-7 leerder van Laerskool Buhrmannsdrif ‘n speler geword in die Noordwes netbalspan. In Graad 10 het sy die Ngaka Modiri Molema distrik verteenwoordig in die O/19 span tydens die SA’s te Witbank. Die span word alle sterkte toegewens. 

Juniorkoor van Laerskool Burgersdorp

Posted in Skole

Die Juniorkoor van Laerskool Burgersdorp, onder leiding van die hoogs bekwame, me. Hannelie Conradie, het  op Vrydag, 29 Mei 2015, deelgeneem aan die jaarlikse koorkompetisie te Doornkruin, Klerksdorp. Prof. Potgieter, ouddosent van die Noordwes Universiteit en hooggeleerde in die musiekakademie, het hoë lof gehad vir die uitsstekende uitvoering, dissipline en moeite met dié koor se liedere. Die koor word begelei deur me. Eloïse Koekemoer en word bestuur deur me. H Viljoen en me. M. Van der Westhuizen.