Hart-en-Hande wil graag dankie sê

Posted in Skole

Hart-en-Hande wil graag dankie sê aan al die leerlinge van Hoërskool Lichtenburg en die hele gemeenskap van Lichtenburg vir ‘n ongelooflik geseënde jaar. Almal se oop harte het dit vir hul moontlik gemaak om ‘n groot verskil in mense se lewens te kon maak met al die skenkings reg deur die jaar. Hulle wil graag vir 4Wheels Lichtenburg dankie sê vir die oulike karretjie wat hul aan Hart-en Hande beskikbaar gestel het om hul werk mee te verrig!

Kleutergeluk Pre-Primêr se Graad R klassie van 2017

Posted in Skole

Kleutergeluk Pre-Primêr se Graad R klassie van 2017  het onlangs hul gradeplegtigheid gehad en die skool het hulle baie sterkte vir die Laerskool toegewens! Hulle is voor Phoebe Lottering, Marli Jacobs, Micke Potgieter, Johanet Schutte, Iané van Wyk, Anzelle Swanepoel, en Hanlea Kraft. Agter staan Adriaan van der Walt, Reinhardt Schulenburg, Reynhardt Els, Steyn du Toit, Justin Kearney, Wiehann van Aswegen en William Botha. Baie sterkte met die “groot” skool julle!

Die leerlingraad van die CVO Hoërskool

Posted in Skole

Die leerlingraad van die CVO Hoërskool is onlangs aangewys. Hulle is voor Karlien Erasmus (Hoofdogter) en AJ Jansen van Vuuren (Hoofseun). Agter is Liané Theart, Joné Benson, Shani Botha, Isaleen Steenekamp, Ivan Jansen van Rensburg en Izak Marnewick. Baie geluk!

Groot eer vir skoolhoof!

Posted in Skole

NOORDWESTER - LICHTENBURG - ‘n Groot eer het die hoof van Hoërskool Lichtenburg, mnr. Dawie Mathee te beurt geval toe hy onlangs verkies is tot voorsitter van  Luiperds Skole Rugby.

Om die volle storie te lees, kyk na ons 10 November 2017 uitgawe

 

Baie geluk aan Kealeboga Nduweni

Posted in Skole

Baie geluk aan Kealeboga Nduweni wat gekies is om vanaf 8 tot 12 Desember 2017 in Pretoria deel te neem vir die onder 13 Noordwes Plattelandse Krieketspan. Laerskool Coligny is baie trots op jou!