Hoërskool Lichtenburg se nuwe Hoofleiers vir 2018
Hoërskool Lichtenburg se nuwe Hoofleiers vir 2018 is verlede week aangekondig. Hulle is: Hoofseun: Thinus Viljoen, Hoofdogter: Luhane Jacobs, Kultuurraad: Erhard Conradie en Cailyn Ferreira, Sportraad: Max Williamson en Daniela Texeira, Akademiese Raad: Gomolemo Kerileng en Suné Roux, Koshuisraad: Hoofseun: Sakkie Mentz, Hoofdogter: Johané van der Linden, Onder hoofseun: Erhard Conradie en Onder hoofdogter: Jana Pienaar. Baie geluk!
AfriForum skenk bome aan Laerskool Burgersdorp
Tydens Erfenisdag op 24 September 2017 het die Lichtenburg tak van AfriForum bome geskenk aan Laerskool Burgersdorp wat op die terrein geplant is. Mnr. Steenkamp, hoof van die skool se positiewe gesindheid in hierdie verband word opreg waardeer. Saam met hom op die foto is leerders van die skool en lede van Afriforum.
Hoërskool Lichtenburg se perderuiters presteer
Hoërskool Lichtenburg se perderuiters het tydens die 2017 seisoen uitnemend presteer. Elke ruiter het met verskillende items punte verdien en met hul goeie prestasies het die skool ‘n algehele tweede plek in die provinsie behaal.
Om die volle storie te lees, kyk na ons 29 September 2017 uitgawe