Qudsiyya Ismail uitstekend gevaar
Qudsiyya Ismail, Graad 11 leerder van Hoërskool Lichtenburg het die verlede naweek uitstekend gevaar tydens die landswye ATKV redenaarskompetisie vir Afrikaanse Eerste Addisionele Taal by die Goudini Spa in Worcester. Sy het deelgeneem aan die onvoorbereide toesprake en het ‘n derde plek (brons medalje) verwerf. As die omvang van die kompetisie in ag geneem word, het Qudsiyya op nasionale vlak ongelooflik goed presteer. Die skool is voorwaar baie trots op haar!