Só gee hulle om

Posted in Gemeenskap

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Liggies Omgee doen voorwaar hul naam gestand as mens kyk na al die woel en werkskaf om ons dorp skoon te maak en ‘n beter plek te maak vir inwoners.
Om die volle storie te lees, kyk na ons  28 Februarie 2020 uitgawe

Coligny Biblioteek sê dankie

Posted in Gemeenskap

Coligny Biblioteek se tuine was vir ‘n geruime tyd in ‘n oorgroeide toestand. Op die foto’s kan gesien word hoe dit voor en na die skoonmaak daarvan gelyk het. Henriët van Loggerenberg, Bibliotekaresse sê baie dankie aan Dawid Nieuwoud en sy span tuinwerkers wat die tuin van die Biblioteek weer netjies  gemaak  het nadat dit in ‘n oerwoud ontaard het. Julle hulp word opreg waardeer!
Om die volle storie te lees, kyk na ons  28 Februarie 2020 uitgawe

Slaggate rondom skool herstel

Posted in Gemeenskap

NOORDWESTER – LICHTENBURG- Afriforum Lichtenburgtak in samewerking met Laerskool Lichtenburg het op 12 Februarie 2020 ‘n slaggatherstelprojek afgeskop wat ten doel gehad het om slaggate in die strate rondom die skool te herstel.
Om die volle storie te lees, kyk na ons  21 Februarie 2020 uitgawe

Kritieke tekort aan veeartse

Posted in Gemeenskap

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die uitbrekings van bek-en-klouseer in veral Limpopo beklemtoon die kritieke tekort aan veeartse in die land, sê Thoko Didiza, minister van Landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.
Om die volle storie te lees, kyk na ons  14 Februarie 2020 uitgawe