Nuus: Plaaslik
Groot suksesse tydens operasie
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Op 28 Maart tot 1 April het die Lichtenburg SAPD ‘n massiewe veediefstaloperasie geloods in die Bakerville, Grasfontein en Welverdiendareas. Volgens Kol Willem Bekeer, stasiebevelvoerder van die SAPD op Lichtenburg word die area gereeld deur georgansieerde veediewe geteiken.