Goud vir dames

Posted in Sport

Gedurende Januarie/Februarie 2020 het die Noordwes Primêre Liga plaasgevind en vier dames van Lafarge rolbalklub het deelgeneem.

Nicoll Jaarsma, Marisa Veenstra, Corrie Meyer en Gladys Yelland het goue medaljes verwerf en as die wenners uit die stryd getree. Die klub is baie trots op hulle!