Sterkte aan atlete

Posted in Sport

Laerskool Burgersdorp se atlete het puik presteer tydens die Sub-Distrik Atletiekbyeenkoms. Die volgende dogters ontvang medaljes in hul verskeie items en gaan die skool verder verteenwoordig tydens die Distrikbyeenkoms wat plaasvind op Saterdag, 19 Februarie.

Baie sterkte! Hulle is voor Zarike Joubert en Onkabetse Dipholo. In die middel is Miancke Wallis, Mia Lotter en Luané van Wyk. Middel agter van links: Naydi Adams, Iané Griesel, Didi Matebesi en Amorey Ward. Agter is Dané Jonker, Angelique Botha, Odette van den Berg, Carli Pretorius en Thaila van Rooyen.Laerskool Burgersdorp se atlete het puik presteer tydens die Sub-Distrik Atletiekbyeenkoms. Die volgende seuns ontvang medaljes in hul verskeie items en gaan die skool verder verteenwoordig tydens die Distrikbyeenkoms wat plaasvind op Saterdag, 19 Februarie. Voor is Owame Moloi, Rea Tsetse, Jeandré Joubert en Franco Joubert. Agter is Freddie Coetsee, Kihan Boonzaaier,Ntlha Notsana , Arno Blignaut en Iwan Ras.