Jongste Nuus

Ondersteun unieke aandmark

Posted in Jongste Nuus

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die Mev. Lichtenburg Elegant Organisasie het vir oulaas hierdie jaar die hulp van die gemeenskap nodig met hul laaste projek vir 2021. ‘n Unieke Aandmark word gereël vir 1 Desember met ‘n verskeidenheid van interessante stalletjies wat u in die koel aandlug kan ondersteun.
Om die volle storie te lees, kyk na ons 26 November 2021 uitgawe

Vat hande en ondersteun dié plaaslike besighede

Posted in Jongste Nuus

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Ondersteun plaaslike kleiner besighede! Adverteerders van kleiner ondernemings wat die behoefte het aan plaaslike ondersteuning kan  op ‘n bladsy in die Noordwester ‘n spasie van 10 cm x 6 cm koop vir R200, plus btw. Die advertensies is nie vir groot ondernemings nie, maar meestal vir eenmansake wat op hul beskeie manier ook ‘n bydrae lewer aan ons plaaslike ekonomie. Gewoonlik is hierdie ondernemings eerste in die ry wanneer dit by borgskappe vir skole en sportspanne kom, maar hulle kan nie meeding met die groot handelsname wanneer dit kom by advertensiespasie koop nie.
Om die volle storie te lees, kyk na ons 18 November 2021 uitgawe

Uitreik na die gemeenskap

Posted in Jongste Nuus

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Lichtenburg SAPD en klein sakemanne het op 13 November 2021 na ‘n kort kerkdiens uitgereik na die gemeenskap. Kolonel Willem Bekeer sê dit was verblydend om glimlagte op 200 gesinne se gesigte te sien toe die voedselpakkies aan hulle oorhandig is.
Om die volle storie te lees, kyk na ons 18 November 2021 uitgawe