Jongste Nuus

Uitreik na die gemeenskap

Posted in Jongste Nuus

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Lichtenburg SAPD en klein sakemanne het op 13 November 2021 na ‘n kort kerkdiens uitgereik na die gemeenskap. Kolonel Willem Bekeer sê dit was verblydend om glimlagte op 200 gesinne se gesigte te sien toe die voedselpakkies aan hulle oorhandig is.
Om die volle storie te lees, kyk na ons 18 November 2021 uitgawe

Wonderwerk dat hy leef!

Posted in Jongste Nuus

NOORDWESTER – LICHTENBURG – André du Preez, bekende boer van die Grootpan-distrik is op Dinsdag, 22 Julie positief getoets vir Covid-19 na sy vrou Wanda en twee van hul kinders ook positief was met die virus. Hy was 101 dae in die hospitaal waarvan 84 dae in die Intensiewe Sorgeenheid (ICU). Hy is op 4 November 2021 uiteindelik ontslaan en die dokters beskou hom as ‘n lewende wonderwerk.
Om die volle storie te lees, kyk na ons 12 November 2021 uitgawe

Wat gaan hier aan?

Posted in Jongste Nuus

‘n Inwoner van Lichtenburg wat al 27 jaar in die dorp bly kon haar oë nie glo toe sy op die hoek van 8ste Laan en 1Ste Straat verby ‘n groep mans ry wat besig is om ‘n skaap net daar te slag nie. 
Om die volle storie te lees, kyk na ons 12 November 2021 uitgawe