Geliefde gegroet

Posted in Letters

Oud Burgemeester van Vryburg, Liesbeth Saaiman, per e-pos – Met `n baie seer hart neem ons afskeid van `n geliefde inwoner van Vryburg, Betsie St Quinten.

Betsie en haar ouers het Vryburg gedien vir baie jare. Ek het die voorreg gehad het om dié wonderlike mense as bure te kon geniet. Selfs as bejaarde het Betsie alle mense om haar bygestaan en talle liefdadigheidsprojekte onderneem, veral in die Marthie du Plessis en Rusoord Tehuis vir Bejaardes. Ons gun haar die rus.*Stellalander spreek ook hul medelye aan tannie Betsie se geliefdes uit. Sy was innemende, merkwaardige vrou wat met haar blote teenwoordigheid vreugde gebring het waar sy ook gegaan het. Red.