Baie dankie aan dié mense

Posted in Letters

Daan Jacobs, Vryburg, per e-pos - Ek wil net graag hiermee baie dankie sê aan ieder en elk wat op 8 Julie 2017 help vuur doodslaan het by die Bernauw Plotte.

Ek en my gesin was met verlof tydens die voorval en is uiters dankbaar vir almal se hulp om die vuur te keer voordat dit in ons grond en by ons huis kon uitkom. Jul is voorwaar staatmakers!