Koerantverkopers helder dag op

Posted in Letters

Rudolph Steyn, Vryburg, per e-pos - Ek skryf dié brief - en ek is oortuig baie Vryburgers gaan met my saam stem. Woensdagoggende is dit heerlik om werk toe te ry. Oral op die hoeke is daar 'n vriendelike gesig wat jou opgewek groet - selfs al is dit koud en reënerig. Dít is die gesigte van die manne wat elke Woensdag die Stellalander verkoop.

Die man by wie ek altyd my Stellalander koop, het altyd 'n vrolike glimlag en goeie wense om my weer op my pad te stuur.

Baie dankie aan elkeen van dié verkopers wat sorg dat ons Woensdae vroeg al ál die nuus vars het - Vryburg waardeer jul goeie diens.