Hulp na aanval: Dankie!

Posted in Letters

Kleintjie en Buddy le Roux, Reivilo - Baie dankie aan Kol Vernon Dettmer, speurders, ander SAPD-lede, asook die gemeenskap vir die hulp en ondersteuning aan ons ná die onlangse aanval op ons plaas.
Ons waardeer die hulp en die voortgesette patrollies wat die polisie steeds hier ry.
Baie dankie ook aan Atha Zervas en Dick Wheeler wat ons te hulp gesnel het. Ons het net eenvoudig nie genoeg woorde om almal na behore te bedank nie.