Leerders besoek kleinhandel-motorsektor

Posted in Schools

Leerders van die Hoërskool Vryburg het onlangs danksy MISA (Motorbedryf Personeelvereniging), ‘n vakbond in die kleinhandelmotorsektor, die kans gekry om verskeie plaaslike motorhandelaars te besoek. Een van MISA se doelwitte is om die jeug te ontwikkel en hulle die geleentheid te bied om loopbaanmoontlikhede binne die kleinhandelmotorbedryf te ondersoek.

To read the full story, read our 29 May 2019 issue.

Verwesspanne gekies

Posted in Schools

Vier van die Hoërskool Stella se laerskool rugbyspelers is tydens die proewe wat op Vrydag (10 Mei) op Bloemhof gespeel is, gekies vir Verwesspanne. Hier is (vlnr) Wynand du Toit (o/11), Jan Hendrik van der Linde (o/12), Gerhard Dreyer (o/13) en Herman Diederiks (o/12).

Lees meer in ons 15 Mei 2019 weergawe.

Drie Bennies herdenk

Posted in Schools

Wanneer leerders so te sê weekliks op busse klim en na sportgeleenthede ry, dink die meeste van hulle nie eens aan die moontlikheid van ‘n ongeluk nie en dikwels is almal ook nie genoeg dankbaar dat hulle elke keer veilig tuis kom nie. Op 3 Mei 1947 was leerders van Vryburg Hoërskool (VHS) op pad na ‘n rugbywedstryd teen Christiana toe hulle naby Bloemhof in ‘n botsing met ‘n trein betrokke was.

Lees meer in ons 8 Mei 2019 weergawe.

Deur na tweede rondte

Posted in Schools

Die eerste rondte van die Nasionale Wiskunde-olimpiade het gedurende Maart plaasgevind. Juniors, leerders in graad agt en graad nege, wat deurgedring het na die tweede rondte van die olimpiade wat op 15 Mei plaasvind, is Marli van Rensburg, Larraine Esterhuizen, Zené Botha, Faith Mokgotho, Tau Mokebe, Palesa Maselo, LJ Van der Nest, Theo (sc) Bosch, Tiaan van Heerden, Reabetswe Manaka, Barend (bjv) Vorster,    Amé (as) Schlebusch, Ryle Jansen, Otshego (oh) Makhwana, Niël van der Vyver, Chester-Lean Jansen, Joané Mouton, Annika du Toit, Xander Hugo, Taquecha Eksteen, Anna-Marie (am) Coetzee, Mmogo Seipelo, Pieter (pd) van der Merwe en Noluthando Zulu.

Lees meer in ons 1 Mei 2019 weergawe.