Hier reën dit lekker
Stellalander-Vryburg – Stellalander het verlede week van inwoners hier, asook uit die hele verspreidingsgebied versoek om hul reënval syfers vir Januarie en Februarie te deel.
Lees meer in ons 21 Februarie 2018 weergawe.
Gemeenskap span steeds saam
Lede van Vryburg het die afgelope naweek die veld langs die Kurumanpad skoongemaak. Verskeie ander gebiede in dié dorp is ook skoongemaak. Ronnie die renoster van die Leon Taljaard Natuurreservaat het ook kom inloer.
Lees meer in ons 14 Februarie 2018 weergawe.
Nuwe bestuur vir Tafel 72
Die Vryburg Tafelrondte 72 se nuwe bestuur vir 2018 soos gekies tydens hul glans geleentheid op Vrydag (2 Februarie) is Derick Reinecke (logistiek), Attie Geldenhuys (tesourier), Ettienne Strake (Klubhuis sameroeper), Markus Fourie (IRO/PRO), Reinhardt du Plessis (voorsitter), Junior Esterhuizen (ondervoorsitter en sekretaris), Wilton Viljoen (Sosiale sameroeper), Michael Visagie (store) en Michiel du Toit (ere lid). (Foto: Magda Stols)
Sit, sit só
Soos jy Suidstraat nader sien jy die oranje kleredrag van die munisipalewerkers wat verantwoordelik behoort te wees om die strate van Vryburg in orde te hou. Op Maandagmiddag (29 Januarie) om 14:30 is dit die prentjie wat jou begroet.