Wild in bakkie gevind

Posted in News

Stellalander-Kuruman - Vyf mans tussen die ouderdomme van 20 -en -42-jaaroud is deur Severn SAPD-lede hier gearresteer in verband met onwettige jag.Die voorval het op Saterdag (28 Maart) omstreeks 23:00 plaasgevind.

A/O Precious Seikaneng, Sers Olebogeng Sebati, Sers Monnapula Seme, konst Moorosi Pico en konst Onkarabetse Gasekatswe was besig met patrollie toe hul inligting ontvang oor `n verdagte voertuig. Hulle het dadelik reageer en die voertuig wat vinnig gery het, op die hoofweg Severn gery. Die wit Toyota-bakkie is gestop en deursoek. Hulle het een Gemsbok, een Koedoe en een Wildebees ter waarde van R30 000 gevind. Daar is ook een geweer en nege rondtes ammunisie gevind. Vyf verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle nie kon bewys waar die diere vandaan kom nie. Alles wat gevind is, insluitend die Toyota-bakkie is gekonfiskeer. Genl maj Johan Bean, kluster bevelvoerder van die John Taolo Gaetsewe distrik, het die Severn-lede vir hul toewyding en blits optrede geprys. Die verdagtes sal op Maandag (30 Maart) voor die landdroshof in Kuruman verskyn.