Noord-Kaapse onderwyser geskors

Posted in Home

STELLALANDER-JAN KEMPDORP- Die Departement van Onderwys in die Noord-Kaap het ‘n lewensoriënteringskoolonderwyser by ‘n laerskool hier op voorsorgmaatreëls geplaas ná bewerings van seksuele teistering teen hom.

Ouers van leerders aan die skool is verbysterd ná die bewerings van seksuele teistering teen die onderwyser.
Die leerkrag het na bewering ‘n 12-jarige, graad 7-leerder gevra om hom te soen en aan sy privaatdele te raak.
Die geskokte leerder het die voorval aan haar ouers aangemeld, wat toe die saak by die skoolhoof aangemeld het.
Die leerder se tante sê hulle as familie is ontstoke oor die beweerde. “Ek het gemengde emosies, dit is absurd, ek is kwaad. Ek wil hê hy moet uit die skool verwyder word. As dit van my afgehang het, sou hy heeltemal uit die onderwys verwyder word, want geen kind is veilig om hom nie. Hoe kan jy dit vir die kind sê as jy ‘n vaderfiguur is?” het sy gesê.
  Nog ‘n ouer wie se kind na dieselfde skool gaan, sê die onderwyser kan nie meer vertrou word nie.
“As ouer, die oomblik toe ek hoor van hierdie onderwyser wat die jong meisie vra om aan sy privaatdele te raak, was ek bang vir my kind omdat sy baie jonk is. So, as dit met daardie kind kan gebeur, wat van myne?”
Matthew Ndwanya, lid van die Phokwane Action For Development Forum, sê die onderwyser moet uit die skool verwyder word. “Ons is regtig gekant teen wat met die kind gebeur het en dit word gedoen deur iemand wat deur die gemeenskap toevertrou word, deur die ouers in die algemeen. Onderwysers word as ouers beskou terwyl kinders by die skool is. Dit is hoekom hierdie onetiese gedragt van ‘n leerkrag vir ons as forum skokkend en onaanvaarbaar is,” het Ndwanya gesê.
Geoffrey van Der Merwe, woordvoerder van die departement, sê hulle ondersoek die bewerings van seksuele teistering teen die onderwyser. “Die departement het ‘n zero-toleransiestandpunt oor alle aangeleenthede wat verband hou met seksuele teistering of onvanpaste verhoudings tussen opvoeders en leerders,” het Van Der Merwe gesê.
Die departement het die geïmpliseerde opvoeder op voorsorgmaatreëls geplaas totdat die ondersoek afgehandel is. Dit is om geloofwaardige uitkoms te verseker sonder enige inmenging in ons ondersoeke.”
Die ouers van die geaffekteerde leerder het die skorsing van die onderwyser verwelkom.