Spoorlyn word herstel

Posted in Home

STELLALANDER-VRYBURG- Stellalander het in Februarie berig oor ‘n lokomotief met 40 trokke met ongeveer 3000 ton klinkers wat net buite Vryburg by Brussels-stasie, langs die N18 van Vryburg na Dryharts, van die brug ontspoor het.

Transnet Depotbestuurder op Warrenton, Chris Molaolwe, het toe genoem dat 34 van die 40 trokke ontspoor het, waarvan 27 in die water opmekaar beland het. Elke trok het ongeveer 75 ton geweeg. Die lokomotief en vyf trokke was nog op die spoor na die trokke ontspoor het. Stellalander het onlangs die herstelwerk aan die spoorlyn besoek. Volgens kommunikasiebestuurder van Transnet, Connie Denekis, het die hertelwerk aan die spoorlyn in Maart reeds begin en is die beplande finalisering van die spoorlyn die week van 13 Mei. Denekis het verder genoem dat meer as 40 plaaslike mans en vroue in diens geneem is vir die kontrak. Volgens Denekis is plaaslike besighede en ondernemings ook gebruik as verskaffers. ‘n Hyskraan wat hoog in die lug gestrek het en wat tot 800 ton kon hanteer, het menige mense verstom gelaat by die herbouing van die spoorlyn. (Foto’s: verskaf)