Tafelronde hou fondsinsameling
STELLALANDER-VRYBURG- Vryburg 72 Tafelronde het Vrydag (25 Maart) in samewerking met OFM se buiteuitsending, ‘n groot fondsinsameling gehou vir kanker- pasiënte. Besighede en individue het ‘boeries4cancer’ gekoop vir so min as R30 en daar is tot soveel as R5000 betaal vir boereworsrolletjies.