DA lê klag teen "Groot Krokodil"

Posted in News: National

Stellalander - Potchefstroom - Die Demokratiese Alliansie (DA) het 'n amptelike klag teen die waarnemende Provinsiale Kommissaris van die Noordwes Polisie by die Onafhanklike Polisie-ondersoekeenheid gelê. Dit volg nadat die DA aangedui het dat hul 'n kriminele klag teen die Noordwes Premier, Supra Mahumapelo, aanhangig gaan maak oor uitsprake wat hy tydens die begrafnis van Matlhomola Jonas Moshoeu (16) in Coligny gemaak het. Die tragiese dood van die tienerseun word tans deur die polisie ondersoek. Die DA sê in 'n verklaring dat toe hul dié klag by die Coligny Polisiestasie wou lê, is hul begroet deur Patrick Asaneng. Asaneng het, volgens die DA, die plaaslike polisiemanne verhinder om met hul te praat. Hy het toe ook glo geweier om sy naam en rang aan hul bekend te maak en het glo gesê hy is "Die Groot Krokodil" - 'n bynaam wat in Apartheidsera gebruik is om na PW Botha te verwys.

For the full story, read our 17 May 2017 edition.