Oud-polisieman wag al 18mnde vir pensioen

Posted in News: National

Stellalander - Vryburg - "Ek kan nie meer nie; My lewe lê aan skerwe. Behalwe vir die feit dat ek finansieel ten gronde is, is ek emosioneel verwoes." Johan "JJ" Swanepoel is verwese. Die eens trotse polisieman is nou 'n gebroke mens. Einde Augustus 2015 het hy sy ontslag gekoop met die doel om sy eie besigheid in vleishandel te begin. "Ek het vooraf navraag gedoen oor hoe lank dit sal neem vóór my pensioen uitbetaal word en ek is gesê dat dit gewoonlik sowat drie maande neem. Ek het dus gesorg dat ek voorsorg tref vir dié drie maande, asook 'n addisionele drie maande - net vir in geval iets verkeerd gaan."

For the full story, read our 1 February 2017 edition.