Herfskommandowurmplaag onder beheer

Posted in News: National

Stellalander-Vryburg - Die herfskommandowurmplaag in die provinsie is onder beheer. Dìt is volgens die hoofbestuurder van Agri Noordwes, Boeta du Toit. Hoewel die ruspe, wat Suid-Afrikaanse mielies reeds in Desember verlede jaar begin aanval het, nou ook in sorghum en sojabone voorkom, word verwag dat hul getalle sal begin daal namate die seisoen verander. 

For the full story, read our 15 March 2017 edition. 

Misdaad ondersoek ná gru donkievonds

Posted in News: National

Stellalander - Tosca - Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het klagte van die oortreding van die dierebeskermingswet, asook die wet op vleisveiligheid aanhangig gemaak nadat hul verlede week op 'n leeuplaas in die omgewing toegeslaan het. Die NDBV het Woensdag (1 Maart) met 'n lasbrief die plaas ondersoek en het, volgens 'n woordvoerder, bewyse gevind dat 'n groot getal donkies daar op 'n onmenslike manier geslag is.

For the full story, read our 8 March 2017 edition. 

Reën laat inwoners in paniek

Posted in News: National

Stellalander-Wolmaransstad – Baie huise is reeds ontruim en mense word by vriende, in skoolsale of by kerke geakkommodeer na afloop van die swaar neerslae wat verlede week hier geval het. Swaar reën in die provinsie het vanaf Sondag tot Dinsdagoggend (19-21 Februarie) chaos veroorsaak toe voertuie in vloedwater vasgekeer is, geboue oorstroom het en paaie gesluit moes word.

For the full story, read our 1 March 2017 edition.