Rolbalklub afsluiting en prysuitdeling

Posted in Sport

Die Vryburg Rolbalklub het op Woensdag (28 November) hul jaarafsluitingsfunksie en prysuitdeling gehou. Die volgende pryswenners is vereer: Fred Sterrenberg (Mans enkelskampioen, Mans pare kampioen, Getrekte pare kampioen 2018), Manda Schoon (Vroue enkelskampioen, Gemengde “trips” kampioen), Janetta Steyn (Vroue pare kampioen, Getrekte pare kampioen), Michelle van Rensburg (Vroue pare kampioen), Michael Pietersen (Gemengde pare kampioen, Junior liga wenner), Coenie Laubscher (Gemengde “trips” kampioen), Sheila Davey (Getrekte pare kampioen 2018), Petro Pietersen (Getrekte pare kampioen 2018) en Marthie Grobler (Getrekte pare kampioen, Junior liga wenner). Janetta Steyn word dan ook aangewys as die Lid van die Jaar, André Steyn as die speler met die Beste Vordering en Manda Schoon met die Presteerder van die Jaar.

Lees meer in ons 5 Desember 2018 weergawe.