Karatekas sluit 2018 af

Posted in Sport

Die karateklub in Vryburg het vanjaar baie goed gevaar by die Suid-Afrikaanse Karate kampioenskappe deur 33 medaljes te wen. Na afloop van die kampioenskappe is vyf karatekas naamlik Marizelle en James van Niekerk, Tudu Moabelo, Tefo Sejake en Gofa Mothusi gekies om aan die ‘Africa Cup’ kampioenskappe deel te neem. Marizelle, James en Tefo het medaljes tydens die geleentheid verower. Op die foto is Arno Olivier, WJ Fourie en Mienke Ferreira wat elk drie trofeë ontvang het.

Lees meer in ons 19 December 2018 weergawe.