Bok, beter, beker!

Posted in Sport

Die Springbokke het Saterdag in die finaal van die Wêreldbeker rugbyfinaal die beste rugby gespeel wat hul in jare gespeel het. Die span het die Engelse 32-12 in Yokahama verrinneweer en Siya Kolise het sodoende die derde Springbokkaptein geword wat die gesogte Webb Ellis-trofee bo sy kop kon lig.

In 1995 het die eer aan Francois Pienaar behoort en in 2007 was dit John Smit wat die beker omhoog kon hou. Vir Saterdag se wedstryd het die Rose opgedaag, en hulle het probeer, maar die ‘Bokke het hul op elke vlak behoorlik in die spore gestuit. Beast en die res van die voorspelers het die bleekbene ‘n skrummeesterklas gegee wat hul vir baie lank sal onthou. Boonop het Duane Vermeulen herhaaldelik getoon hoekom sy bynaam Thor is – en hy het nie eens ‘n hamer nodig gehad om sy stempel af te druk nie! Die “cherries” op die koek was natuurlik die twee drieë wat die Springbokke gaan druk het – een deur Makazole Mapimpi en die ander deur Cheslin Kolbe. Feit is, selfs as die teenstanders in die finaal die gevreesde All Blacks was, sou dié Bokspan hul waarskynlik ook ore aangesit het. (Foto: Johan Orton)

Lees meer in ons 11 November 2019 weergawe.