Springbokklere vir Wimpie

Posted in Sport

Wimpie Jacobs, lid van die Sterland Skietklub, het gedurende September aan SA Jagters se Nasionale Skietkompetisie by die Meerkatgatskietbaan naby Bloemfontein deelgeneem. Hy wen die junior-afdeling en palm `n algehele sewende plek met 710/720 en 14V kolle in. Nie net ontvang Wimpie `n wissel trofee, sy eie trofee en `n koopbewys van Lynx nie, maar kry hy ook daarmee sy Springbokklere. Hier ontvang hy sy toekenning van SA jagters president, Carl Arnold. Wimpie het ook die afgelope naweek tydens Sterland se skietafsluiting in die tweede plek geƫindig.

Lees meer in ons 13 November 2019 weergawe.