Stella Blouspan wen Geesbeker

Posted in Sport

Tydens Hoërskool Stella se Kleure-atletiekbyeenkoms het die Blouspan die Gees beker gewen met hul tema -Springbokspan. Die span het gespog met hul eie ‘Faf de Klerk’ wat almal teenwoordig, baie geniet het. Hier is (vlnr) Henco van Wyk, Marnu Moolman, Ingenette Scheepers, Abigail Mogwasi, Leandri Viljoen, AJ Fincham, Stephan ‘Faf de Klerk ‘ Malan en Clayton Leukes.