Rugbykliniek aangebied

Posted in Sport

Die Voorbereidingskool Vryburg het op 19-21 Februarie `n o/9-rugbykliniek aangebied. Thomas Pieterse van Hoërskool Pretoria-Noord het die mans touwys gemaak en ‘n goeie grondslag gelê vir die nuwe seisoen. Baie dankie aan die borge, Jannie Visagie, Raymond Twigge, Gerrie en Mariette Fourie, Fourie Niemann en Francois Steyn wat die dae moontlik gemaak het. Dankie ook aan Wimpie Weideman en Kate Kuhn vir die reëlings. Op die foto is Thomas Pieterse, Jannie Visagie, Francois Steyn saam met die leerders.

Lees meer in ons 4 Maart 2020 weergawe.