VHS-leerders speel wedstryde

Posted in Sport

Eerste rugbyspan speler van die Hoërskool Vryburg, Leonard Grobbelaar, maak punte bymekaar vir sy span. Die Luiperdliga vir mediumskole het die afgelope naweek afgeskop. Dit is die eerste skof van die Virsekerbeker-toernooi. Vryburg wen die wedstryd teen Hartbeespoort 49-22. (Foto: Melani van der Merwe)

Lees meer in ons 15 Mei 2019 weergawe.

Veerpyltjiespanne besoek PE

Posted in Sport

Die mans -en -vroue Veerpyltjiespanne van die Naledi Assosiasie, sal van 24-28 Junie aan die Suid-Afrikaanse Veerpyltjiekampioenskappe in Port Elizabeth gaan deelneem. Opgeneem in die mansspan is (vlnr) Gert van Niekerk, Connie van Heerden, De Wet Rossouw en Brandon Dubber.

Lees meer in ons 1 Mei 2019 weergawe.

Vryburg vs Westonaria

Posted in Sport

Die span van Westonaria het les opgesê tydens die wedstryd wat hulle die afgelope naweek teen die Vryburg Rugbyklub gespeel het. Rugbyliefhebbers kan uitsien na die volgende wedstryd wat op 11 Mei hier in Vryburg teen Sannieshof gespeel sal word. (Foto: Magda Stols)

Lees meer in ons 17 April 2019 weergawe.

Atletiek-byeenkoms suksesvol

Posted in Sport

Die Simba-atletiekbyeenkoms wat jaarliks bygewoon word deur ouers en kleingoed van kleuterskole in en om Vryburg is vanjaar op Saterdag (6 April) by die Gert Lubbe Sportterrein gehou. Die dag wat hardloop-, hekkies- en -skopfietsie-items insluit, het baie pret vir elkeen ingehou. (Foto: Magda Stols)

Lees meer in ons 10 April 2019 weergawe.